vorige "'n heilige mislukking " volgende
'n heilige mislukking
                Bij de sculptuur van MaRf "'n heilige mislukking"


onder die Voortrekkerkappie
was haar gedagtes altyd half leeg:
is ek 'n Martha of 'n Maria

maar iets het haar soos 'n klapperhaar-
matras in haar slaap aanhou steek
iets het stukkies geskiedenis uit haar
liggaam laat val 'n bars is geslaan
deur haar lyf - haar arms is afgekap

tot sy met 'n gepluimde helm
haar keel op 'n stemvurk af kon stem
& haar gedagtes half vol kon sing



Carina van der Walt

vorige "'n heilige mislukking" volgende