Marcel van Maele

VROU


"By die beeldhouwerk van MaRf "Absurde droom"

Wie is sy?
Hierdie deurskouende vrou
wat so puntig paraat
trots getors
wind en weer
trotseer?

Ek.

'n Digter vra verwonderd:
Wie het die rondings van jou vlees
so soepel om jou been gedraai
En watter heuwels en vallei
die wit mis van jou tabberd toegewaai?

Wie kan haar keer?
Hierdie deurwinterde vrou
wat so digtend dromend
weerloos verwonderd
wind en weer
trotseer?

Alleenlik
Ek.

Riana Scheepers